Thursday, July 22, 2010

Woede

Almal word maar kwaad van tyd tot tyd, maar wanneer laas het jy iemand gebyt ? Glo my, dit is ‘n wonderlike uitlaatklep.

Mense mag hulself as gesofistikeerd beskou, maar soos ek al voorheen opgemerk het : julle betaal ‘n hoë prys vir al julle fieterjasies.

Vir 'n mens is dit ongesond om jou stert te wip.

Ons honde kan byt en grom.

En as ek regtig spiteful voel, kan ek altyd my been teen jou wiel gaan lig as jy my kwaadmaak.

Heerlik.

2 comments:

  1. Daar is 'n paar mense wat ek graag sal wil byt!

    ReplyDelete
  2. Maak seker jou inentings is op datum en go for it!
    -SW.

    ReplyDelete