Friday, July 9, 2010

Dit is nie dat ek katte haat nie.

Ek hou bloot net nie van hulle nie. En dit maak nie van my ‘n sleg hond nie?

Katte is anders. Sommige van hulle is niks anders as boosaardig nie. Hulle vang klein voëltjies en babamuise, en dit is nie ‘n fair fight nie.

Katte lê op mense se stoele sonder om op te skuif as hulle wil kom sit. Katte vryf hulle hare op alles af en hulle is onhigiënies (al daai gelekkery !)

Ek verkies om gebad te word.

Boonop is katte ekskulsief. Hulle het dit begin: hulle dink hulle is beter as ander huisdiere. Hoogmoedigheid, selftevredenheid, gebrek aan objektiewiteit. Dit is maar net ‘n paar van die filosofiese sondes waaraan katte tradisioneel skuldig is. Daar vind geen selfondersoek plaas nie, daar is geen berou oor hul lewenswyse nie.

Katte toon ‘n totale gebrek aan insig, ‘n gebrek aan empatie vir ander spesies.

Mense vind dit dalk moeilik om te verstaan. Julle is tog immers almal eenders.

Maar as ek ‘n kat sien, dan jaag ek hom.

KAT!!!!

6 comments:

  1. Hey, jy daar ek het my eie opinie oor honde ook! Meestal slaap hulle net en hulle snork verskriklik! Party val sommer oor hulle eie voete ook. Hulle drink uit die toilet en gaan haal 'n bal as iemand dit vir hulle gooi. Terwyl die mens dit net so wel kan gaan haal!
    Groete
    Your worst nightmare
    Die KAT

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  3. Hi KAT
    ?Waar bly jy?
    Miskien kan ek en jy hierdie saak sommer gou tussen ons uitsorteer.
    Mannetjie tot mannetjie.
    As jy een is, natuurlik .....

    Willem.

    ReplyDelete
  4. Katte het nooit mense of kinders verskeur of doodgebyt nie; Nooit iets groters as voletjies en muisies en goggos gevang nie; selde die buurt verskree of die gras beskuit, maar hulle word moeilik vergewe ... kom onmoet my katte en jy sal verstom wees oor watse ongelooflike weses hulle is. Weses want mens kan hulle nie as deel van die spesies klas nie. Hulle beweeg tussen werelde en verkla of prys jou by die gode, hulle bekoor jou...

    Michael (jou oupa en ouma se kleinkind, ook)

    ReplyDelete
  5. OK, hulle is seker heelwat beter as meeste mense wat ek ken. En sonder hulle sou ek niks gehad het om te jaag nie ...

    ReplyDelete
  6. Ag man, as jy vir my vra, katte en honde is maar dieselfde. Ek is mal oor elkeen. Wel, ons het 2 van elk in ons huis! Wat maak dit nou saak of jy a 'kat mens' of 'honde mens' is? Ek is mal oor hoe jy skryf!

    Oh ja, ek is maar net 12 jaar oud. Jy was vandag by ons skool, Laerskool Eikestad.

    PS: Ek was die meisie met die oeranje pruik!

    ReplyDelete