Monday, October 18, 2010

Sewe trieks vir luiaards


1.     Moenie goed aanpak wat jy nie met groot flair kan uitvoer nie. Doen net goed wat jy baie goed kan doen. Dit spaar moeite en resultate is verseker. As jy dit kan regkry om heeltyd te leer hoe om goed te doen, kan jy dit dalk ooit vermy om dit ooit regtig self aan te pak.
2.     Werk altyd saam met slimmes in ‘n span. Oppas: loosers kan ook baie slim lyk. Ontwikkel dus jou vermoë om mense goed te takseer. Dit spaar baie moeite.
3.     Glo my, daar is ‘n rede hoekom mens ‘n resep gebruik as jy koek bak.Spandeer dus tyd om goed te beplan (verkieslik in ‘n gemaklike posisie, met jou oê toe. Mense wat jou so sien, sal ook naderhand verstaan dat jy besig is met ‘n belangrike fase van jou projek, en nie noodwendig slaap nie. Nietemin, oppas vir snork.)
4.     Maak ferm beloftes vir ‘n baie skraal resultaat, en doen jy wat jy beplan het om te doen (en dit is gewoonlik effens minder as wat jy behoort te doen), maar almal is beïndruk.
5.     Moet jou nooit probeer slim hou nie. Dit skep onnodige  verwagtinge
6.     Moet nooit vir ander mense vertel hoe hard jy werk of hoe besig jy is nie. Hulle werk waarskynlik regtig so hard en is dalk regtig so besig en is die kans is skraal dat hulle jou gaan jammer kry.
7.     Maak doodseker dat, indien jy vir ‘n slag iets doen, almal deeglik bewus is daarvan dat jy dit gedoen het. Jy sal verbaas wees hoe maklik jou moeite as vanselfsprekend aanvaar word!

    1 comment:

    1. Willem is 'n outjie wat net twee ratte het: vreeslik aktief of vas aan die slaap. Sy CV wys dat hy baie bedrywig is, maar eintlik is hy aardslui. Hier deel hy 'n paar van sy wenke oor hoe om maksimum resultate met die minste moeite moontlik te bereik.

      ReplyDelete