Thursday, October 21, 2010

Burokrasie


Een van die grootste voordele van hondwees is dat ek nooit vorms hoef in te vul nie. Glo my, ek het al baie ander mense dinge in triplikaat laat uitskryf. Die registrasie van my geboorte (onthou, my bloedlyn is aristokraties), die sertifisering van my opleiding (onthou, ek is ‘n hoogs gekwalifiseerde hond), die talle hofsake en vonnise van skurke wat ek aan die pen laat ry het, die klagtes wat besorgde kat-eienaars al oor my ingedien het, die assuransie eise van eienaars van sekere motor-eienaars wat beweer dat hulle verf afdop waar ek my been gelig het …
Ek lag my dood.
Administrasie is werkskepping. Ledigheid is baie sleg vir amptenare. Daar is ‘n groot deel van die bevolking wat eerder in kantore weggesteek moet word. Hulle moet toeknoop hemde en dasse dra, want vader weet hoe lyk hulle in Speedo’s.

ReĆ«ls is die pilare van groot dele van ons samelewing. Anargie en nihilisme loop hand aan hand. As mense nie vir elke bakkatel in ‘n ry moet staan nie (of na deuntjies op die telefoon moet luister nie), wat gaan almal met soveel vrye tyd doen?
Meer as 6 biljoen mense op aarde. 24 uur in elkeen se dag, elke dag… hoeveel daarvan het JY aan die burokrasie geskenk vandag?

Dit is nou vir jou ‘n hondelewe …



No comments:

Post a Comment